Ons Storie
Share
Vrou en mamma wees, maak my heel!
Gedurende hierdie vreemde tye waar almal se toekoms onseker is, bly ons steeds positief en probeer geleenthede raak sien waar ons kan. Ek hoop my storie kan ander inspireer.
As iemand wat grootgeword het in ‘n klein dorpie in die Wes-Kaap, het ek nooit gedink my lewe gaan uitdraai soos ek vandag hier sit nie. My man is vanaf 'n kleiner dorpie in die Vrystaat en saam het ons die laaste paar jaar ‘n lewe gebou vir ons dogtertjie waarop ons albei baie trots is. Na ons tyd oorsee kyk ons nou anders na die wereld met nuwe drome vir die toekoms.
In 2015 het ons die groot keuse gemaak om vir ‘n jaar in China te gaan skoolgee. Een jaar daar het vinnig verby gevlieg en het verander na “ons bly nou in China”. Ons het ‘n wonderlike vriendekring wat soos familie is, van my Hoerskool en laerskool vriende het ook later by ons in China kom aansluit. Ons lewens daar het my familie ook beinvloed om China toe te trek en permanent daar te kom bly. ‘n Hele Jansen van Vuuren en Oosthuizen familie het in 2017 in China ontstaan.
In 2016 het ek die geleentheid aan gegryp om my eie bikini te ontwerp en te vervaardig in China. Jini Bikinis het vinnig, vinnig gegroei en is vandag oral in die wereld te sien. Amerika en Europa is van ons grootste ondersteuners, maar Suid Afrika is nou besig om op te vang.
In Januarie 2020 het ons met ons 8 maande jonge dogtertjie terug Suid Afrika toe gekom om my skoonsussie se troue by te woon. Dit was toe ‘n “Blessing in disguise”, want kort kort daarna was China onder onder kwarentyn geplaas en so kon ons nie terugkeer nie. Ons was vasgevang in Suid Afrika met net 2 tassies se somers klere, en so word ons 3 weke vakansie skielik ‘n 6 maande Corona vakansie, of soos ons dit begin noem het, ons “coronacation”.
Ons coronacation het ons gedwing om weer bietjie “outside the box” te dink. Werksgeleenthede is daarmee heen en ek was in die posisie geplaas waar ek my kreatiewe denke moes gebruik het om ons tyd hier in Suid Afrika in geld om te sit. Aangesien ek nog ‘n borsvoedende mamma is, het ek besef dat hier in Suid Afrika ‘n geleentheid is om borsvoedingklere te ontwerp en aanlyn te verkoop.
Ek ervaar dat ek en ander mammas dieselfte behoefte het om in privaatheid, maar steeds in die publiek, te kan borsvoed sonder om aangegluur te word. Ek het gedurende die lockdown begin soek na materiaal en self my ontwerp bevestig, stadig maar seker soos die lockdown gelig geword het, kon ons materiaal koop en ook ‘n vervaardiger plaaslik kry om my te help my klere reeks n realiteit te maak. Vandag is ons alklaar ‘n sukses storie wat ons koppe bo water hou, en ons deur die moeilike tyd help.
Ek hoop my storie kan ander inspireer en ‘n verskil maak in mammas se lewens wat borsvoed.
- Jeanri Oosthuizen